Beautiful Noise Ministries Board of Directors

From left: Adri Engelbrecht, Gawie Malan (Leader), Christine Lemley (Organiser), Aletta Pieterse, Johan Strydom, Frida en Werner Reinach (Founders)

gospel@pub –  Since 2006

Two residents of Silverlakes, Julian Lombaard and Werner Reinach, felt that people in their area spend too much time on the golf course and not much in church. Min. Gawie Malan and Min. Paul Hendriks from Beautiful Noise Ministries was approached and they agreed to scout for a venue where residents of Silverlakes can come together for a church sermon. They searched high and low and stopped at Foundry Fly Lounge for refreshments.  Whilst chatting to the owner they discovered that the place was closed on Sundays due to a robbery on a previous Sunday. They told the owner about their search for a venue and a curious Gawie asked the owner what he was doing to give back to the community. The owner immediately offered the Foundry Fly Lounge as a venue and the first gospel@pub started on 7 May 2006.

Soon it was realized that God did not intend this ministry to be exclusive to Silverlakes, but it was meant to serve everyone out there, and sermons were not the route to go, because in a bar, you will find all kinds of people, i.e. people who are "allergic" to church, sceptics, people with questions, the lost, the wounded, hardened non-believers, addicts, jobless and just normal people who feel lonely in life. We thus invite guest speakers to discuss interesting topics or to come and share their inspiring testimonies, and musicians to perform lively secular music.

Through time, research was done to find a suitable way to reach out to people who avoid going to church, as they are easily put off by traditional sermons and gospel music.  The bar is used as a gateway to make new friends and develop trust.  We also assist with trauma, crisis therapy as well as addiction. We also partner with Jacob’s Well to assist those who are between jobs to find work. Finally, we share the gospel and encourage people to have a personal relationship with Jesus Christ. For those who are in a relationship with Jesus Christ, we provide courses on Discipleship and Bible Overview.

During the past 10 years after starting at Foundry Fly Lounge, we moved to the Farm Inn, Tivoli’s and since 13 September 2009 we have been at Rafters Pub and Grill, Garsfontein road, Mooikloof.

g@p is not a church

g@p is not a cell-group

g@p is not a bible study group or class

g@p is not a sermon

g@p is not a club with members

We do whatever it takes to help people to become devoted followers of Jesus Christ, one life at a time.

 

gospel@pub - Sedert 2006

Twee inwoners van Silverlakes, Julian Lombaard en Werner Reinach, het gevoel dat die mense in hul omgewing te veel tyd deurbring op die gholfbaan, en te min in die kerk.  Ds. Gawie Malan en Ds. Paul Hendriks van Beautiful Noise Ministries, is genader en het ingestem om na ‘n perseel in die omgewing te soek  waar daar moontlik vir die inwoners van Silverlakes kerk gehou kan word. Die soektog het Gawie en Paul se kele droog gehad en hul het by Foundry Fly Lounge gaan aanklop vir n lafenis. So begin hulle met die eienaar gesels, en hy vertel dat die kroeg op n Sondag toe is as gevolg van ‘n groot roof op ‘n vorige Sondagaand. Toe hy hoor waarna Gawie en Paul op soek is, en Gawie hardop gewonder het wat die eienaar terugploeg in die gemeenskap, bied hy die kroeg aan vir gebruik  vir dienste op Sondagaande. Net daar en dan ontstaan gospel@pub op 7 Mei 2006.

Gou is daar besef dat God nie hierdie uitreik alleenlik vir die mense van Silverlakes wou hê nie, maar juis vir almal daar buite, en dat daar nie noodwendig kerk gehou sal word nie. Want in ‘n kroeg kry mens onder andere mense wat "allergies" is vir die kerk, die wat skepties is, die met vrae, verlorenes, gewondes, geharde ongelowiges, verslaafdes, mense tussen werke en sommer net gewone mense wat alleen voel in die lewe. Ons nooi dus sprekers om oor interessante onderwerpe te kom gesels of om ‘n inspirerende getuienis te deel. Ons kry ook ‘n musikant wat vrolike sekulêre musiek maak.

Deur die jare het gospel@pub intense navorsing gedoen oor hoe om na ons kerk-allergiese vriende uit te reik. Om op n tradisionele manier kerk te hou en gospel musiek te speel skrik hulle maklik af. Die kroeg word dus slegs as ‘n voorportaal gebruik waar mense met respek bevriend word en vertroue ingeboesem word. Verder help ons met trauma en krises berading, asook met verslawings. As deel van Jakob se Put kan mense wat tussen werke is ook gehelp word om weer werk te kry. Uiteindelik deel ons die evangelie en moedig almal aan om in ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus te tree. Vir die wat ‘n verhouding met Jesus Christus bou, bied ons Dissipelskap sowel as ‘n Bybel Oorsig kursus aan.

gospel@pub het gedurende die meer as tien jaar van sy bestaan vanaf Foundry Fly, na die Farm Inn, en daarna Tivoli’s geskuif, en is vanaf 13 September 2009 Sondagaande by Rafters Pub and Grill in Garsfonteinweg, Mooikloof.

g@p is nie ‘n kerk nie

g@p is nie ‘n selgroep nie

g@p is nie ‘n Bybelstudie groep of klas nie

g@p is nie ‘n aanbiddingsdiens nie

g@p is nie ‘n klub met lidmaatskap nie

Ons doen wat ook al dit neem om mense te help om volkome toegewyde volgelinge van Jesus Christus te word – een lewe op ‘n slag.

 

About Beautiful Noise Ministries